Skip to main content
  • WORD Research this...
    Psalms 119
    •   Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.
    •   Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
    •   ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.
    •   U het u bevele gegee om dit trou te onderhou.
    •   Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!
    •   Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.
    •   Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.
    •   Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.
    •   Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
    • 10   Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
    • 11   Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
    • 12   Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!
    • 13   Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.
    • 14   Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.
    • 15   Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.
    • 16   Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.
    • 17   Gimel. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.
    • 18   Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.
    • 19   Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
    • 20   My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.
    • 21   U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.
    • 22   Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.
    • 23   Al sit vorste en beraadslaag teen my u kneg oordink u insettinge.
    • 24   Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.
    • 25   Dalet. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.
    • 26   My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!
    • 27   Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.
    • 28   My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.
    • 29   Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.
    • 30   Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.
    • 31   Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie!
    • 32   Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.
    • 33   He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.
    • 34   Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
    • 35   Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae.
    • 36   Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.
    • 37   Wend my af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
    • 38   Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.
    • 39   Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.
    • 40   Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
    • 41   Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte,
    • 42   sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.
    • 43   En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.
    • 44   Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,
    • 45   en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.
    • 46   Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.
    • 47   En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,
    • 48   en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.
    • 49   Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.
    • 50   Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.
    • 51   Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.
    • 52   Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.
    • 53   Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.
    • 54   U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.
    • 55   HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.
    • 56   Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.
    • 57   Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.
    • 58   Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.
    • 59   Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.
    • 60   Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.
    • 61   Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.
    • 62   Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.
    • 63   Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.
    • 64   HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.
    • 65   Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.
    • 66   Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.
    • 67   Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.
    • 68   U is goed en doen goed; leer my u insettinge.
    • 69   Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele.
    • 70   Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet.
    • 71   Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.
    • 72   Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.
    • 73   Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.
    • 74   Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.
    • 75   Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.
    • 76   Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.
    • 77   Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.
    • 78   Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele.
    • 79   Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.
    • 80   Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.
    • 81   Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.
    • 82   My smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?
    • 83   Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.
    • 84   Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?
    • 85   Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.
    • 86   Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!
    • 87   Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.
    • 88   Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.
    • 89   Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.
    • 90   U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.
    • 91   Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.
    • 92   As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.
    • 93   Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.
    • 94   Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.
    • 95   Die goddelose en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.
    • 96   Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.
    • 97   Mem. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.
    • 98   U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.
    • 99   Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.
    • 100   Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.
    • 101   Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.
    • 102   Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want U het my geleer.
    • 103   Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.
    • 104   Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.
    • 105   Noen. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.
    • 106   Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.
    • 107   Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!
    • 108   Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge.
    • 109   My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.
    • 110   Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.
    • 111   Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.
    • 112   Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.
    • 113   Samek. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.
    • 114   U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.
    • 115   Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!
    • 116   Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.
    • 117   Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.
    • 118   U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.
    • 119   U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.
    • 120   My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.
    • 121   Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.
    • 122   Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.
    • 123   My smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.
    • 124   Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.
    • 125   Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.
    • 126   Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.
    • 127   Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.
    • 128   Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.
    • 129   Pe. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.
    • 130   Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
    • 131   Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.
    • 132   Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.
    • 133   Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.
    • 134   Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.
    • 135   Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.
    • 136   My loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.
    • 137   Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge.
    • 138   In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.
    • 139   My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.
    • 140   U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.
    • 141   Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.
    • 142   U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.
    • 143   Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.
    • 144   U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.
    • 145   Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar.
    • 146   Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.
    • 147   Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.
    • 148   My is die nagwake voor om u woord te oordink.
    • 149   Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge.
    • 150   Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.
    • 151   U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid.
    • 152   Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.
    • 153   Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.
    • 154   Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.
    • 155   Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.
    • 156   HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.
    • 157   My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.
    • 158   Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.
    • 159   Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.
    • 160   Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
    • 161   Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.
    • 162   Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind.
    • 163   Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief.
    • 164   Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.
    • 165   Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
    • 166   o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.
    • 167   My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.
    • 168   Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.
    • 169   Tau. o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.
    • 170   Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.
    • 171   My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.
    • 172   My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.
    • 173   Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.
    • 174   o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.
    • 175   Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.
    • 176   Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.
  • King James Version (kjv)
    • Active Persistent Session:

      To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.

      How This All Works

      Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.

      However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.

      Please Keep Your Favourite Verse Private

      Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.

      The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.

    • Loading...
  • Ou Vertaling (aov - 1.3.3)

    2009-03-24

    Afrikaans (af)

    1933/1953 Afrikaans Bybel,
    Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
    This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

    • Encoding: UTF-8
    • Direction: LTR
    • LCSH: Bible. Afrikaans.
    • Distribution Abbreviation: aov

    License

    Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire

    Source (OSIS)

    http://www.biblesociety.co.za

    history_1.1
    replaced missing verses
    history_1.2
    unlocked
    history_1.3
    corrected a number of encoding errors
    history_1.3.1
    corrected conf file
    history_1.3.2
    conf file correction
    history_1.3.3
    (2022-08-01) conf file correction

Basic Hash Usage Explained

At getBible, we've established a robust system to keep our API synchronized with the Crosswire project's modules. Let me explain how this integration works in simple terms.

We source our Bible text directly from the Crosswire modules. To monitor any updates, we generate "hash values" for each chapter, book, and translation. These hash values serve as unique identifiers that change only when the underlying content changes, thereby ensuring a tight integration between getBible and the Crosswire modules.

Every month, an automated process runs for approximately three hours. During this window, we fetch the latest Bible text from the Crosswire modules. Subsequently, we compare the new hash values and the text with the previous ones. Any detected changes trigger updates to both our official getBible hash repository and the Bible API for all affected translations. This system has been operating seamlessly for several years.

Once the updates are complete, any application utilizing our Bible API should monitor the hash values at the chapter, book, or translation level. Spotting a change in these values indicates that they should update their respective systems.

Hash values can change due to various reasons, including textual corrections like adding omitted verses, rectifying spelling errors, or addressing any discrepancies flagged by the publishers maintaining the modules at Crosswire.

The Crosswire initiative, also known as the SWORD Project, is the "source of truth" for getBible. Any modifications in the Crosswire modules get reflected in our API within days, ensuring our users access the most precise and current Bible text. We pledge to uphold this standard as long as getBible exists and our build scripts remain operational.

We're united in our mission to preserve the integrity and authenticity of the Bible text. If you have questions or require additional information, please use our support system. We're here to assist and will respond promptly.

Thank you for your understanding and for being an integral part of the getBible community.

Favourite Verse

You should select one of your favourite verses.

This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.

This is currently the active session key.

Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.

Psalms 119:

Sharing the Word of God with the world.
  • Share Text
    ...
  • Share Link

Psalms 119:1

Tagging this verse.

The active verse selected text should load here.

Active

Available Tags

Drag and drop the desired tag from the available ones to the active area.

To un-tag a verse, drag and drop the desired tag from active to the available tags area.

Edit Tag

Create Tag

Psalms 119:1

Notes on this verse.

The active verse selected text should load here.